Monday, December 1, 2008

Ons praat dieselfde taal

Ons praat dieselfde taal,
Vryheid, fok, verandering, voltooi;
In asem, in vroetel, in verlangenis, in bloed
En stading maar seker word
Die drome gedagtes, die gedagtes word woorde,
En die woorde ons hartliedtjie
Ek sing, jy smile, ek lag, jy sig, ek huil, jy troos
Ons verstaan
Want
Ons praat dieselfde taal.